Soos in ‘n wyse les nie genoeg herhaal
gevul met waarhede oor saai en
maai
vol beloftes wat nie kan faal
oneindige liefde sal jou oorval
as jy dit self oor vriend en vyand
saai
soos in ‘n wyse les nie genoeg
herhaal
een mieliepit wat in ‘n ploegvoor
val
vermenigvuldig ‘n maal aan ‘n
mielieplant fraai
vol beloftes wat nie kan faal
besoek iemand om teen eensaamheid
te staal
en julle albei s’n word weg gewaai
soos in ‘n wyse les nie genoeg
herhaal
as jou eie oes vervaal
verander die saad om beter te maai
vol beloftes wat nie kan faal
soos geskryf in Jesus se verhaal:
“Want net dit wat die mens saai,
dit sal hy ook maai”
die waarheid van die wyse les nie
genoeg herhaal
gevul met beloftes wat nie kan
faal
No comments:
Post a Comment