Geestelik lewendes sal hierdie graag lees en Geestelik dooies nie.
Geestelik nuuskieriges sal definitief daarby baat vind!!!
'n Kerkganger het 'n brief aan die redakteur van 'n koerant geskryf en gekla dat dit geen sin maak om elke Sondag kerk toe te gaan nie.
Hy het gereken: "Ek is nou al meer as 70 jaar oud, en in daardie tyd het ek meer as 4,000 preke gehoor, maar glo my ek kan ek nie 'n enkele een van hulle onthou nie.
Ek dink dus dat dit 'n mors van my tyd was. Die predikers en priesters mors ook hulle tyd deur so baie moeite te doen om preke voor te berei en te bedien."
Die brief het tot groot kontroversie in die kolom "Briewe aan die redakteur" gelei en tot talle uitruiling van opinies gelei.
Natuurlik was die Redakteur baie in sy skik met weke lange ekstra aandag op sy publikasie totdat iemand met die volgende reaksie tevore gekom het:
Anoniem: "Ek is nou al meer as vyftig jaar getroud en in daardie tyd het my vrou meer as 40,000 maaltye voorberei. Ek kan egter nie vir een enkele een van daai maaltye onthou wat die hele spyskaart was nie. Wat ek egter wel weet is dat al daai maaltye my gevoed het en vir my die krag gegee het om my werk te doen, vir my gesin te sorg, 'n bydrae aan die Gemeenskap te gee en in samesyn met mede gelowiges te verkeer.
As my vrou nie vir my hierdie etes gegee het nie, sou ek vandag fisies dood gewees het en net so sou ek, as ek nie kerk toe gegaan het vir voeding nie, vandag geestelik dood gewees het!"
Wanneer ons afdaal dat ons soos "NIKS" voel nie, is God altyd " OP" met iets!
Geloof sien die onsigbare, glo die ongelooflike, en skep die wil om die onmoontlike te ontvang!!!
Kom ons dank God vir al die fisiese en geestelike voeding wat ons aanhoudend ontvang!!!
AS JY NIE GOD IN ALMAL KAN RAAKSIEN NIE, KAN JY GOD GLAD NIE SIEN NIE!!!
No comments:
Post a Comment